Frans in die Verenigde State van Amerika

Frans in die Verenigde State

Die Franse taal is in 'n aantal gebiede van die Verenigde State ingevolge die immigrasie van Franstaliges en die Franse kolonisasie ingeburger. Volgens die 2000 sensus praat 1,6 miljoen Amerikaners ouer as vyf Frans as huistaal. Verder praat byna 'n half miljoen Franse Kreool.[1] Frans word veral in die deelstaat Louisiana en in Nieu-Engeland (Maine, New Hampshire en Vermont) gepraat.

Meer as 13 miljoen Amerikaners is van Franse afkoms, tog is daar net sowat 1,6 miljoen mense wat Frans kan praat. 'n Groot Haïtiaanse gemeenskap bestaan in Miami (Florida), terwyl ook baie afgetredenes uit die Franstalige Kanadese provinsie Québec hulle in Florida gevestig het.

Daar is min Franstaliges in ander dele van die VSA.

  1. Language Use and English-Speaking Ability: 2000

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy